2de eeu v.C.

Die 2de eeu v.C. het geduur van 200 tot 101 v.C.

In die meeste streke van die wêreld is die 2de eeu vC steeds deel van die voorgeskiedenis, veral van die Ystertydperk, maar daar is 'n aantal streke waar geskrewe bronne beskikbaar is.

Vir Rome is hierdie eeu 'n tydperk van vinnige uitbreiding, veral omdat Rome pas Kartago sowel as sy bondgenoot Masedonië as sy vernaamste mededingers uitgeskakel het. Dit is ook 'n tydperk waarin belangrike interne sosiale en politieke ontwikkelings plaasvind wat in die volgende eeu tot die einde van die Republiek sal lei.

In die Hellenistiese wêreld is daar 'n groot verskuiwing in die magsbalans omdat die Partiërs 'n groot deel van die Seleukidiese Ryk oorneem. Die Hellenistiese koninkryke val geleidelik meer en meer in die invloedsfeer van die Romeinse republiek en hierdie tydperk word gekenmerk deur hulle agteruitgang, o.a. in Egipte, hoewel sommige state soos Baktrië steeds 'n tydperk van uitbreiding toon.

In Indië kom die tyd van die Boeddhistiese Maurya-ryk tot 'n einde en Brahmanisme tree weer na vore as die vernaamste godsdienstige krag. China is verenig onder die Han-keisers en beleef 'n tydperk van opgang. Dit neem die beheer oor Noord-Viëtnam oor.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne